Author Article

Het ek reg laat geskied aan God se Woord?

Hennie Symington
(Uit Hennie Symington se pen het onlangs 'n dagstukkieboek , Padlangs met God, verskyn.)
 
Hoe skryf mens dagstukkies? 
 
Met stampe en stote. Een vir een! Dag vir dag en in die sweet van jou aangesig. 
 
Soms kom dit maklik en ander tye sukkel jy om God se boodskap tussen die lyne te lees. Jy wil so graag iets van God se grootheid, God se genade en veral sy teenwoordigheid in ons en om ons tuisbring – en soms geluk jy en ander kere knaag die onrus aan jou en wonder jy of jy reg laat geskied het aan God se Woord. 
 
Totdat jy besef God se boodskap aan die wêreld is baie groter, baie dieper en baie wyer as wat jy ooit kan droom om te omvat. 
 
Jy skryf met jou eie beperkte vermoëns maar God se subteks is soms dieper en groter as wat ons met ons beperkte insig sou kon hoop om raak te sien.
 
Temas kry jy uit die lewe, uit die koerant, uit dit wat met jou gebeur, uit ontmoetings met mense, uit iets wat die dominee gesê het, uit dit wat jy in boeke lees – jy versamel aanhalings, wyshede en ander kleinnode soos ‘n kraai wat elke stukkie blinkpapier wat sy oog vang, in sy nes invleg. 
 
Dan’s dit jy en die rekenaar en jou vingers wat op een of ander manier gedagtes in woorde omskep sonder dat jy altyd beheer daaroor het. En uiteindelik tel jy die dagstukkies op jou vingers af totdat jy die voorgeskrewe hoeveelheid het! 
 
Jy wil huil van verligting en dankbaarheid en jy stuur dit soos e-posduif die wêreld in met die bede dat hulle die boodskapper genadig sal wees omdat dié, ook maar mens, gesoek het na iets wat vir haar en ander lig op die pad sou wees.  
 

NEWS & EVENTS

AUTHOR FOCUS

CHRISTINE FERREIRA

Since 2005, Christine has been the editor of Lééf met hart & siel, a magazine for women, mainly from a religious point of view. She has been the speaker at numerous occasions and she is part of the group that accompanies readers  to Israel. Before her positi ... MORE

COMMENT