Author Article

Skryf help genesing na egskeiding 

Jacelize de Waal
Deur Jacelize de Waal, skrywer van Salf vir jou seerkry.
 
Ek bevind my so ‘n paar jaar gelede een Sondag-oggend in die kerk.  My egskeiding was sopas gefinaliseer.  Ek was amptelik ‘n geskeide vrou.  ‘n Statistiek.  Soekend en seer. 
 
 Hierdie oggend roep die pastoor so ‘n paar van ons vorentoe met ‘n profetiese woord.  Myne was dat ek ‘n boek sou publiseer wat heling sou help meebring vir ander met dieselfde pyn waardeur ek besig was om te worstel.  
 
 Dit was net ‘n verdere bevestiging van dit waarmee die Here toe reeds al ‘n geruime tyd met my besig was in my binnekamer.   
 
Maar steeds weet Hy beter, want daar moes eers amper 3 jaar verloop voordat ek uiteindelik my boek aan die einde van Oktober 2012 in my hand kon vashou.  Ek was sterker en gesonder.  Voorberei en gereed op die reis wat wag.  Ene om die genesing wat God in my lewe bewerkstellig het te kan deel met ander.    
Al wat ek deurentyd besef, is dat God in beheer is van hierdie reis.  Hy maak deure oop -  ‘n paneelbespreking op RSG, ‘n televisie-onderhoud op DKNT Gospel, publisiteit in Lig en Leef.  En heeltyd net die wete, dat dit alles eintlik net oor Hom gaan.  Ek beleef Jes 61:2... die paradoks van God se guns en  sy “vengeance” oor dit wat kom steel is!
 
Ek staan verstom hoe Hy alles ten goede laat meewerk.  Veral ons pyn.
 
Prys Sy naam!
 

NEWS & EVENTS

AUTHOR FOCUS

CHRISTINE FERREIRA

Since 2005, Christine has been the editor of Lééf met hart & siel, a magazine for women, mainly from a religious point of view. She has been the speaker at numerous occasions and she is part of the group that accompanies readers  to Israel. Before her positi ... MORE

COMMENT