Author Article

Ek skryf wat in my hart lééf

Leonette Smit
Om deel te wees van die galery van skrywers, is vir my ’n baie opwindende plek om tans te wees. Daarom deel ek graag iets van my skryfwerk met julle.
 
Grens is my eerste publikasie. Dis biografies van aard en baie blootstellend. Maar ek het ’n storie om te vertel. Ek het myself nie as ’n skrywer gesien nie, totdat iemand met ’n profetiese woord my aangemoedig het om my boek te skryf. Vir jare het ek my storie in my kop geskryf – te bang om dit op papier te sit, ingeval iemand my powere poging sou sien. Steeds het ek nie geweet waar om te begin, hoe om dit aan te pak, watter tyd en ruimte om te gebruik en of ek dit outobiografies moes aanbied of nie. Geleidelik het die vrymoedigheid om my hand op papier te waag begin posvat. Ek het ’n ATKV-skryfskool bygewoon en ook een wat Riana Scheepers aangebied het. 
 
As ek dink hoe vlak my eerste poging was en hoeveel keer ek daaraan verander het, dan weet ek dis slegs daardie profetiese woord van Amelia en die Vader se genade wat my voortgedryf het. Noodwendig lees mens dan ook baie meer aan ’n groter verskeidenheid werke en probeer leer deur te sien hoe ander dit gedoen het. 
 
Deur die sameloop van omstandighede – en deur insette van bekwame persone, soos Jeanette Ferreira, Alida Potgieter en Frits Kok – het ek uiteindelik by Lux Verbi uitgekom wat my ’n kans gegee het om te publiseer. Ek is Veronica Scholtz innige dank verskuldig. ’n Deur het vir my oopgegaan. Nou huiwer ek nie om my gedagtes onder woorde te bring nie. Die slypwerk is die groot proses. En dit kom met tyd en deursettingsvermoë. 
 
Dat almal nie behae sal hê in my manier van skryf nie, is vir my ’n gegewe. Dus probeer ek nie iemand beïndruk of namaak nie. Ek skryf wat in my hart leef en probeer dit taalkundig op die beste manier weergee. Dis al.
 

NEWS & EVENTS

AUTHOR FOCUS

CHRISTINE FERREIRA

Since 2005, Christine has been the editor of Lééf met hart & siel, a magazine for women, mainly from a religious point of view. She has been the speaker at numerous occasions and she is part of the group that accompanies readers  to Israel. Before her positi ... MORE

COMMENT